Kort een: Was Abraham, Isak en Jakop om nie eers van die ander te praat nie (Insluitend Dawid) Christene?
Posted in Uncategorized
Die slang sal op sy buik seil en die stof van die aarde eet…
Gen 3:14 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
Maar…
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Wat my dan nou bring na my eintlike vraag.
1.)Het die slang dan voor die tyd voete gehad, en geloop waar hy wou?
2.)As die slang, na God hom bestraf het, stof moes eet, wat het hy voor die vervloeking geeet?
3.)Verduidelik die ooreenkoms tussen die slang wat stof eet en die mens wat uit stof formeer is.
Posted in Uncategorized
Eks terug met meer vrae en gedagtes
Posted in Uncategorized
Nuwe Jaar, Nuwe Vrae – ek gaan hierdie jaar eenvoudig begin. Happy new year julle almal hier by my!
Luk 2:7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Hoekom begin ek die jaar hier? Wel ons almal het Christmas gehad, almal het seker presente uitgedeel, die tipiese Christmas waarin meeste van ons groot geword het. My vraag is, hoeveel van ons het hierdie dag gedenk vir wat dit regtig beteken? Hoeveel van ons weet regtig wat hierdie dag beteken? Hoeveel van ons sien dit net as die dag waarop die Christus vir ons gebore is?
Die vers haal ek aan omdat ek soek na die stal wat hulle so baie oor preek. Geen plek in die Skrif wat handel oor die geboorte van Jesus dui aan dat die krip waarin Hy gelê is enigsins in n stal was nie, tog hoor ons dit 100de kere – Josef, Maria en Jesus was in n stal. Meskien is ek te tegnies, maar vir my is daar n rede hoekom die Skrif reeds nie van n stal by hierdie spesifieke storie melding maak nie..
Ek verskaf later my rede.
Ciao
Posted in Uncategorized
Waarheen is die Apostels, Profete, Evangiliste, Herders en leraars waarvan die Skrif ons so baie vertel?
Efesiers 4:11 En Hy het gegee sommige as Apostels, ander as Profete, ander as Evangiliste, ander as Herders en Leraars,
4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus…
Het hierdie mense net verdwyn?
Posted in Uncategorized
Waar is Jesus gekruisig, met verwysing na wat die Skrif sê?
Haal asb uit die Skrif aan… ek sal later self antw wat ek gekry het.
Posted in Uncategorized